Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Chronicles 9

:
Afrikaans - AFR20
1 Die hele Israel is in geslagsregisters opgeskryf. Kyk, hulle is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda. Juda is na Babilonië weggevoer oor hulle ontrou.
2 Die eerste inwoners wat weer op hulle erfgrond in hulle stede was, was Israeliete, priesters, Leviete en tempeldienaars.
3 In Jerusalem het daar uit die nageslag van Juda, Benjamin, Efraim en Manasse die volgende gewoon:
4 Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, uit die nageslag van Peres, seun van Juda;
5 van die mense van Silo was dit Asaja, die eersgeborene, en sy seuns;
6 uit die nageslag van Serag was dit Jeüel. Hulle stamgenote was 690;
7 uit die nageslag van Benjamin was dit Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,
8 asook Jibneja, seun van Jerogam, Ela, seun van Ussi, seun van Migri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija.
9 Hulle stamgenote, volgens hulle familiegeskiedenis, was 956. Al hierdie manne was familiehoofde in hulle families.
10 Van die priesters was daar: Jedaja, Jojarib, Jagin
11 en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die leier in die huis van God;
12 dan Adaja, seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai, seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.
13 Hulle stamgenote, die hoofde van hulle families, was 1 760 bekwame manne vir die dienswerk in die huis van God.
14 Van die Leviete was daar Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja uit die nageslag van Merari;
15 asook Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja, seun van Miga, seun van Sigri, seun van Asaf;
16 en Obadja, seun van Semaja, seun van Galal, seun van Jedoetoen, en Beregja, seun van Asa, seun van Elkana, wat in die gehuggies van die mense van Netofa gewoon het.
17 Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle stamgenote, met Sallum as die hoof.
18 Tot op hede is hulle by die koningspoort aan die oostekant. Hulle was die poortwagte by die kampplekke van die Leviete.
19 Sallum, seun van Kore, seun van Ebjasaf, seun van Korag, en sy stamgenote aan vaderskant, die Koragiete, moes as drumpelwagte toesig hou oor die dienswerk by die tent. Hulle voorvaders moes as bewakers van die ingang toesig hou oor die kamp van die Here.
20 Pinehas, seun van Eleasar, 'n leier, was voorheen oor hulle. Die Here was met hom.
21 Sagaria, seun van Meselemja, was poortwag by die ingang van die •Tent van Ontmoeting.
22 Hulle almal, 212, was as uitgesoektes poortwagte by die drumpels. Hulle is by hulle dorpies in hulle geslagsregister opgeteken. In hulle geval het Dawid en die siener Samuel hulle in hulle vertrouensposisie aangestel.
23 Hulle en hulle nageslag was as wagte in beheer van die poorte van die huis van die Here, van die tenthuis.
24 Vir elkeen van die vier windrigtings was daar poortwagte aan die oostekant, die westekant, die noordekant en die suidekant.
25 Hulle stamgenote in hulle dorpies moes van tyd tot tyd saam met hulle vir sewe dae inkom.
26 Omdat hulle in 'n vertrouensposisie was, die vier vernaamste poortwagte, was hulle Leviete. Hulle moes toesig hou oor die vertrekke, en die skatte in die huis van God.
27 Reg rondom die huis van God moes hulle oornag, want hulle moes beskikbaar wees vir wagdiens, en hulle was in beheer van die oopsluit elke oggend.
28 Sommige van hulle moes toesig hou oor die gebruiksvoorwerpe vir die dienswerk; want getel moes hulle dit inbring en getel moes hulle dit weer wegneem.
29 Sommige van hulle is aangestel oor die gebruiksvoorwerpe, oor al die gereedskap van die heiligdom en oor die gesifte meel, die wyn, die olyfolie, die wierook en die speserye.
30 Sommige van die priesters se nageslag moes salf meng met die speserye.
31 Mattitja, een van die Leviete hy was die eersgeborene van Sallum, die Koragiet moes toesig hou oor die bakwerk.
32 Uit die nageslag van Kehat was van hulle stamgenote in beheer van die brood, gerangskik in rye, om dit elke Sabbat gereed te kry.
33 Hierdie manne was die sangers, familiehoofde van die Leviete wat vrygestel was van werk in die vertrekke, omdat hulle dag en nag beskikbaar moes wees vir diens.
34 Dit was die familiehoofde van die Leviete; volgens hulle familiegeskiedenis was hulle hoofde. Dit is hulle wat in Jerusalem gewoon het.
35 In Gibeon het Jeïel, die stigter van Gibeon, gewoon. Sy vrou se naam was Maäga.
36 Sy eersgebore seun was Abdon, daarna Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,
37 Gedor, Agjo, Sagaria en Miklot.
38 Miklot het Simam verwek. Ook hulle het regoor hulle stamgenote in Jerusalem gewoon, saam met hulle stamgenote.
39 Ner het Kis verwek, en Kis het Saul verwek. Saul het Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl verwek.
40 Jonatan se seun was Meribbaäl en Meribbaäl het Miga verwek.
41 Miga se seuns was Piton, Melek, Tagrea.
42 Agas het Jara verwek. Jara het Alemet, Asmawet en Simri verwek. Simri het Mosa verwek.
43 Mosa het Bina verwek, en Refaja was sy seun, dié se seun was Elasa en dié se seun Asel.
44 Asel het ses seuns gehad, en dit was hulle name: Asrikam, Bogeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.